Woorde uit die Bybel – Geloof (1)
Matthew B. Redmond
Woorde uit die Bybel – Geloof (1)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] (Romeine 3:28). Hier kry ons die groot verskil tussen die Joodse en Christelike godsdiens. Tydens die Hervorming was een van die hoekstene sola fida – deur geloof alleen. Vandag word die klem op alleen weer bevraagteken. As geloof dan so belangrik is: Wat is geloof? Vertroue sonder ‘n voorwerp waarop vertrou word, is nie geloof nie; vertroue op die leer van ‘n spesifieke kerk is nie geloof nie. Maar wie is die voorwerp van Christelike geloof? Paulus sê dit is almal wat glo in God (Romeine 4:24) en vir mense wat in Jesus Christus glo (Romeine 3:22). Goed en wel, maar wat beteken dit in die praktyk? Met hierdie as agtergrond kan ons volgende keer na die Bron van ons geloof kyk.