Woorde uit die Bybel – Heiligheid (3)
Woorde uit die Bybel – Heiligheid (3)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.] Hierdie gawe wat God van sy kinders vereis, is ‘n gawe van God af. God en God alleen het dit vir ons moontlik gemaak om Christus Jesus te leer ken … deur Hom word ons saak met God reggemaak, word ons mense wat geheel en al net vir God leef. Ja, Hy is die Een deur wie God ons sy vriende maak (1 Korintiërs 1:30); Maar julle lewe het verander – God het die sondes soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God (1 Korintiërs 6:11). Hierdie gawe van heiligheid het twee aspekte: